Soutvleispasteie
- Radio Vryheid
- May 15, 2015
- 1 min read

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
40 g botter
30 ml (2 e) meel
160 ml (⅔ k) hoenderaftreksel
310 ml (1¼ k) melk
1 blik (300 g) soutvleis, in blokkies gesny
1 wortel, in skywe gesny
½ groot ui, in skywe gesny
250 ml (1 k) bevrore ertjies
’n hand vol vars pietersielie, gekap
200 g skilferkorsdeeg
1 eiergeel, liggies geklits
1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Smelt die botter in ’n kastrol oor lae hitte. Voeg die meel by en kook 5 minute of tot goudkleurig terwyl jy roer. Klits die aftreksel en melk geleidelik in, verhoog die hitte tot matig en kook nog 5 minute of tot verdik.
2. Voeg die soutvleis, wortel, ui, ertjies en pietersielie by en roer liggies om te meng. Skep in 4 oondvaste bakkies so groot soos groot teekoppies en verplaas na ’n bakplaat.
3. Sny die deeg in vier sirkels van 12 cm en plaas hulle oor die pasteie. Verf met die eiergeel. Bak 20 minute of tot die deeg opgepof en goudkleurig is.
Comments