Tuisgemaakte Roomkaas
- Naomi le Roux
- May 15, 2015
- 1 min read


Die roomkaas het ek gemaak want hier op die plaas is daar nie 'n winkel waar jy dit kan koop nie.
>>>
1 kg INKOMAZI volroom maas. (FULL CREAM MAAS)
½ t sout.
1 pkie Party Dip van jou keuse.
>>>
Sit die sout by die maas in die boks en skud dit goed.
Sit 'n skoon melkdoek of moeseliendoek in 'n sif oor 'n wye kom.
Giet die maas in die sif en laat staan vir 12 uur in die yskas.
Die water in die maas sal dan onder in die bak lê en dan skep jy jou roomkaas uit in 'n skoon glasbak.
Ek het die dip bygesit en goed geroer en 'n paar uur in die yskas gehou voor ons dit op soutbeskuitjies en gebakte broodrolletjies geëet het. Ons het nie alles op een slag opgeëet nie.
>>>
Alternatief: Jy kan dit in 'n kaaskoek gebruik.
Hoeveelheid maak 500 ml roomkaas.
Dit smaak lekkerder as die gekoopte produk en werk goedkoper uit.
Comentários