top of page

ASPERSIE-EN-HAM-ROLLADE

  • Nicky Kruger
  • May 16, 2015
  • 1 min read

aspersie.jpg

’n Rollade is basies ’n sout rolkoek met ’n witsous-basis

ROLLADE:

45 ml botter

60 ml koekmeel

250ml warm melk

125ml gerasperde cheddarkaas

3eiers, geskei

VULSEL:

1 x 230 g gerookte ham-geur roomkaas

125ml gesnipperde, gerookte ham

1x410 g blik aspersielote, baie goed

gedreineer en fyngekap

METODE:

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n vel bakpapier met botter of olie en gebruik dit om ’n middelslag-rolkoekpan mee uit te voer sodat die kante van die papier bo die rande van die pan uitstaan. Smelt die botter in ’n kastrol en voeg die koekmeel by. Verhit, terwyl jy roer, tot die mengsel borrel. Voeg die melk geleidelik by en hou aan roer tot die mengsel glad is en begin kook. Verwyder van die hitte en roer die kaas en eiergele by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm. Vou ’n groot lepel eierwit by die kaassous inomdie mengsel ligter te maak. Vou nou die res van die eierwit versigtig in tot net deurgewerk. Skep die mengsel in die voorbereide pan en smeer gelyk. Bak vir 12-15 minute tot opgepof en goudbruin. Haal uit die oond en keer die rollade uit op ’n skoon teedoek. Trek die bakpapier versigtig af en laat effens afkoel. Klop die roomkaas, ham en goed gedreineerde, gekapte aspersies saam tot sag en smeer oor die hele oppervlak van die rollade. Rol dit versigtig in die lengte op. Draai toe in waspapier of plastiek en bêre in die yskas tot nodig. Sny in skywe en sit voor.

Lewer 10 porsies.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page