top of page

Beesvleis Wellington

  • Arina du Plessis
  • May 16, 2015
  • 2 min read

bees wellington.jpg

Ek maak al vir baie jare een van my gunstelingsjefs, Gordon Ramsay, se resep vir beesvleis Wellington.

Dit was nog nooit nodig om ’n beter resep te soek nie, want hierdie een, hoewel eenvoudig, werk elke keer en smaak heerlik. Beesvleis Wellington is een van daardie geregte wat moeiliker lyk as wat dit eintlik is om te maak.

As jy jou familie en vriende wil beïndruk sonder om te stres in die kombuis, is dit die resep vir jou. Boonop kan jy 90% van die werk vooraf doen.

■ 400 g sampioene, grof gekap

■ Sout en vars gemaalde swartpeper

■ Olyfolie

■ 750 g heel beesfilet

■ 30 ml aangemaakte Engelse mosterd

■ 6-8 dun snye Parmaham (sien kombuiswenk)

■ 500 g skilferkorsdeeg

■ Meel, om te bestuif

■ 2 eiergele en ‘n spatsel water, saamgeklits

Sit die sampioene in ’n voedselverwerker saam met ’n bietjie sout en peper en verwerk tot ’n growwe pasta vorm. Skep dit uit in ’n pan en verhit (sonder om enige olie of botter by te voeg) vir ongeveer 10 minute, tot die sampioene gaar en droog gebraai is. Laat heeltemal afkoel.

Verhit ’n klein bietjie olyfolie in ’n groot swaarboompan. Geur die filet goed met sout en peper. Seël die filet vinnig in die pan – rol dit rond sodat dit oraloor egalig verbruin. Skep dit dadelik uit en laat afkoel. Sodra die filet koud is, smeer dit oraloor met ’n lagie mosterd.

Skeur ’n groot stuk kleefplastiek van die rol af en laat lê dit op jou werksoppervlak. Pak die skywe Parmaham daarop, in ’n langwerpige vorm sodat die skywe ham effens oorvleuel. Skep die sampioenpatee op die ham en smeer dit versigtig met ’n mes sodat dit ’n egalige laag bo-op die ham vorm.

Sit die afgekoelde, mosterdgesmeerde filet reg in die middel neer. Gebruik die kleefplastiek om die ham-en-sampioen-pateelaag rondom die filet te rol. Draai die punte van die plastiek stewig vas sodat die vleisrol sy vorm goed behou. Verkoel vir minstens 30 minute tot 2 uur.

Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Haal die kleefplastiek versigtig van die vleisrol af en sit dit in die middel van die stuk deeg neer. Smeer die binnekant van die deeg (langs en rondom die vleis) met ’n bietjie van die eiergeelmengsel. Vou die kante van die deeg om die vleis en druk die korter punte in. Sny oortollige deeg af. Draai die rol om (sodat die naat aan die onderkant is) en sit dit op ’n uitgevoerde bakplaat neer. Verkoel vir 20 minute.

Voorverhit die oond tot 200°C. Maak ligte insnydings oraloor die deeg en smeer liggies met die eiergeelmengsel. Bak vir 20 minute, verlaag dan die oondtemperatuur tot 180°C en bak vir ’n verdere 15 minute. Haal die beesvleis Wellington uit die oond, laat rus vir 15 minute en sny in skywe. Sit voor met ’n rooiwynsous en bykos van jou keuse. Lewer 4-6 porsies.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page