Elizabeth se Hoenderpastei
- Elizabeth Burger
- May 16, 2015
- 1 min read

Halo almal maak n vinnige hoenderpastei somr so uit die kop.
Jy neem so 6 borsies en haal die vel af dan n groterige ui opgekerf en verbruin.
Sny die borsies mooi blokkies en braai saam die uie as jy olyf olie het des te beter. Skil n groterige aartappel en wortel sny in blokkies en mikrogolf sowat 5 min in miki en gooi in by hoender gooi biki hoender ekstrak en sout by sodat dit nie droog is nie.
Een groot eetl ertjies en dan maak jy sommer met maizena sousie om te verdik. Alles moet lekr bruin lyk.
Die kors gooi sowat n koppie bruismeel 1 eier sowat 1 eetl olie en half koppie longlife room en meng tot n smeerbare mengsel. Gooi hoender in bakskottel jy sal weet hoe groot smeer degie lekker dik oor en bak by 180 gr tot mooi goudbruin.
+- 25 min.
Bedien met lekker tamatie en groenigheid slaai.
Comments