Elizabeth se Suurlemoen Yskastert
- Elizabeth Burger
- May 16, 2015
- 1 min read

Sap van 4 suurlemoene
1 blik kondensmelk
1 koppie room
2 pakkies tennis beskuitjies
2 eetlepels margarine vir beskuitjiekors
Klits die room, kondensmelk en suurlemoensap saam tot lekker styf.
Maak die beskuitjies fyn en meng met die gesmelte margarien.
Druk die beskuitjiemengsel vas in 'n tertbak vir die kors.
Skep die kondensmelkmengsel in die kors en strooi fyn koekies bo-oor.
Laat stol in die yskas vir ten minste 2 ure.
Njam njam!

Comments