Gerda se Gemmerbrood-Mannetjies
- Naomi le Roux
- May 16, 2015
- 1 min read

Bestanddele
125 g Botter
125 ml Bruinsuiker
1 Eiergeel
500 ml Koekmeel
5 ml Koeksoda
10 ml Fyn Gemmer
5 ml Fyn Kaneel
50 ml Gouestroop
>>>
Harde versiersel
1 Eierwit
375 ml Versiersuiker
7.5 ml Suurlemoensap
Voedselkleursel.
>>>>
Instruksies
Lewer: 15-20 gemmerbrood-figuurtjies
>>>
Voorverhit oond teen 180 grade Celcius.
Verroom botter en suiker tot lig en donsig. Voeg eiergeel by en klop goed.
Sif droë bestanddele. Voeg by geroomde mengsel, voeg stroop by.
Rol die deeg 4 mm dik en druk figuurtjies uit met ’n koekiedrukker.
Plaas op gesmeerde bakplate en bak 10 minute.
Los die koekies op die bakpaat tot dit goed afgekoel is.
Versier met harde versiersel.
>>>
Harde versiersel
Klits eierwit effens.
Voeg die gesifte versiersuiker geleidelik by, voeg dan suurlemoensap by en klop goed.
Klop styf genoeg vir buisversiering.
Kleur soos verkies.
コメント