Gevulde Biefstuk
- Riana Barnard
- May 16, 2015
- 1 min read

Benodighede ( genoeg vir 4 mense)
4 stukke Biefstuk (steak) so 3 - 5 cm dik
1 pakkie/ 250gr spek
1 pakkie knopie sampioene
1 groen rissie
1 ui
1 koppie gerasperde gouda kaas
sout en peper na smaak
en ook geurmiddels na eie keuse
4 Tande stokkies
foelie
Metode
Maak n klein insnyding aan die kant van die biefstuk , hou die mes plat en sny in n half maan die biefstuk oop sonder om deur die kante te sny sodat dit n sakkie in die biefstuk vorm.
braai die uie , spek , groen rissie en sampioene saam tot gaar
voeg die sout en peper en ander geurmiddels by .
Neem nou n teelepel en stop die sakkie in die biefstuk vol van die vulsel. skep ook n lepel vol Kaas in die holte in.
Neem nou n tande stokkie en steek die insnyding deeglik toe
Draai die biefstuk in foelie toe en bak in n matige oond vir omtrent n uur ( afhangende van hoe gaar jy van jou biefstuk hou,,,,,,
Bedien saam met n groenslaai
HEERLIK
Comentários