GRONDBOONTJIEBOTTER YSKASKOEK
- Huiskos, Cecilia se Reseptehoekie
- May 16, 2015
- 1 min read

1 Pakkie tennisbeskuitjies fyngerol en 100gr gesmelte botter vir jou kors. Druk in
terpan vas
250gr roomkaas
1 Kop grondboontjie botter
½ Kop suiker
1 teel vanilla geursel
250 ml room
Ekstra room (styfgeklop) sjokolade snysels en sjokolade sous vir versiering
Met ‘n klitser, meng die roomkaas en suiker tot glad. Meng die grondboontjiebo
tter en vanilla geursel in. Vou in die styfgeklopte room. Skep in die tertkors .
Plaas in yskas vir ten minste 4 ure. Net voor opdiening, versier met ekstra styfgeklopte
room, sjokolade stroop en sjokolade snysels. Bewaar in die yskas
Commenti