HEERLIKE VOLROOM ROOMYS
- Riana Barnard
- May 16, 2015
- 1 min read

1 liter room
1 groot blok bakkers sjokolade
Gooi 500ml van die room in n dubbelkoker of in n bak oor warm water voeg die sjokolade by ,roer stadig tot die sjokolade gesmelt is, haal af en roer nou en dan tot dit koud is.
Klop nou die res van die room tot stywe punte vorm roer die by die room en sjokolade mensel en sit in n plastiek bak in die vrieskas
Variasie:
Voeg neute, kersies, stukkies sjokolade, angelica of gedroogte vrugte by
Comments