KOPERPENNIE-EN-KORINGSLAAIROLLETJIES
- Huiskok
- May 16, 2015
- 1 min read

Koperpenniewortelslaai is een van daardie bykosse wat ons heeltemal ons eie gemaak het, en min mense besef dat dit sy oorsprong het in die Diep Suide van die VSA. Meng dit met stampkoring en jy’t ‘n slaai wat met ‘n sterk Swartland-aksent praat. Die resep is uit die eerste Kokkedoor-kookboek wat ek saamgestel het. (Mynhardt Joubert en Johann Breedt.)
Lewer 10 porsies
30 ml (2 e) olie
3 wortels in blokkies gesny
2 uie, grofgekap
½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
100 ml rooi wynasyn
20 ml (4 t) tamatiepasta
2,5 ml (½ t) sout
1 ml (¼ t) swartpeper
100 ml water
300 g gaar koring
10 wingerd- of vyeblare – of slaaiblare soos cos of Iceberg. (opsioneel)
Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en soteer die wortels, uie en soetrissie tot sag.
Voeg die tamatiepasta, asyn, sout en peper en water by en bring tot kookpunt. Voeg die gaar koring by en bring weer tot by kookpunt. Prut totdat die sous dik is. Laat afkoel.
Vir moderne opdiening, rol die wingerdblare in keëls (cones) en skep die slaai daarin.
Comments