top of page

Koperpennieslaai

  • Arina du Plessis
  • May 16, 2015
  • 1 min read

Koperpennieslaai.jpg

Dié slaai het sy naam gekry omdat die wortelwieletjies in die dieprooi sous mense aan ’n bak koperpennies laat dink het.

Dit is inderwaarheid glad nie ’n Suid-Afrikaanse skepping nie, maar het sy oorsprong in die suide van Amerika.

■ 500 g wortels, skoongeskraap en in ringe gesny

■ 1 groot ui, grof gekap

■ 1 groot groen soetrissies, in blokkies gesny

Sous

■ 200 ml water

■ Halwe pakkie tamatieroomsop

■ 100 ml asyn

■ 125 ml suiker

■ 60 ml olie

■ 5 ml worcestersous

■ 5 ml mosterd

Kook die wortels in ’n klein bietjie soutwater tot halfsag. Voeg die uie en soetrissie by. Verwyder van die hitte en laat staan vir 1 minuut. Dreineer goed en skep in ’n bak.

Verhit al die bestanddele vir die sous oor lae hitte saam tot die suiker gesmelt is en ’n gladde sous vorm. Verhit verder, tot kookpunt en prut liggies vir sowat 3 minute. Giet die warm sous oor die groente en laat staan tot dit tot kamertemperatuur afgekoel het.

Bedek en verkoel oornag voordat die slaai voorgesit word. Lewer 6 porsies.

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page