MACARONI- EN KAASKOEK
- Huiskok
- May 16, 2015
- 2 min read

Bedien 6
¼ k (60 ml) botter en ekstra om die koekpan te smeer
1/3 k PLUS 1 ½ k gerasperde parmesaan
¼ k koekmeel
4 k volroommelk
1 k gerasperde fontina kaas (kan ook cheddar of gouda gebruik)
1 groot eier
Sout en peper
600 g penne pasta (rigato – wat beteken dis gerib met strepies wat meer sous opvang)
1 k ertjies (vars of bevrore)
2 k rocket, grof gekap (kan met jong spinasieblare vervang word)
1 k pietersielie, grofgekap PLUS 2 E ekstra vir oorgooi
½ k vars kruisement, grofgekap PLUS 2 E ekstra vir oorgooi
1 k ricotta gegeur met skil van ½ suurlemoen, indien jy gekoopte ricotta gebruik
200 g ham, klein blokkies gesny (sowat .5 cn x .5 cm)
(resep vir tuisgemaakte ricotta volg onder)
Metode
Berei die koekpan voor. Smeer ‘n 20 cm losboomkoekpan se kante en bodem met botter en bestrooi met 1/3 k parmesaan.
Maak die kaassous: In ‘n groot kastrol, smelt ¼ k botter in kastrol oor matige hitte, voeg die meel by en roer vir 2 minute. Klits die melk geleidelik by en kook tot dit begin prut (terwyl jy roer). Verlaag die hitte en laat sowat 20 minute stadig koek tot dit begin verdik (dis egter nie op hierdie punt ‘n dik sous nie). Haal van die hitte af en roer die fontinakaas en 1 k parmesaan by. Geur met sout en peper, bedek en hou eenkant.
Plaas die oondrak in die derde boonste helfte van die oondpan en voorverhit oond na 190°C. Kook die pasta in ‘n groot kastrol in goed-gesoute water, roer net nou en dan tot amper gaar (dit kook verder in die oond gaar). Gooi die ertjies by en roer net een keer deur. Gooi die pasta en ertjies deur ‘n vergiettes en gooi terug in die pan. Roer die witsous by, al die rocket, 1 k pietersielie en ½ k kruisement. Roer tot net goed gemeng. Pas geursel aan.
Skep die helfte van die pasta-mengsel in die voorbereide koekpan. Strooi helfte van die ricotta in lepelstjievol oor en die helfte van die hamblokkies. Skep die res van die pastamengsel bo-oor. Skep lepeltjies van die laaste ricotta oor en bedek met ¼ k parmesaan. Bak 30 minute, sprinkel die laaste ham en ¼ k parmesaan oor en bak nog 10 minute tot goudbruin. Laat rus in die pan vir sowat 30 minute en maak dan die kante los. Strooi 2 E elk van die pietersielie en kruisement oor..
Bedien in wiggies met ‘n eenvoudige blaarslaai en gekapte kersietamaties. Tamatiesous ‘n moet!.
Wenk: die gereg kan in ‘n gewone oondbak gaargemaak word, dan is dit egter nie nodig om 30 minute te wag vir opdiening nie.
Bron: Die resep is aangepas uit Bon Appetit.
Comentários