top of page

MILO-SJOKOLADE KOEK

  • Leandra v/d Westhuizen
  • May 16, 2015
  • 2 min read

milo koek.jpg

125 g botter, kamer temperatuur

60 ml strooi suiker

195 gram koekmeelblom (1 ¼ kop meel)...

12,5 ml bakpoeier

150 g Milo poeier

3 eiers

125 ml karringmelk

Kondensmelk Versiersel:

150 g botter, by kamertemperatuur

350 g versiersuiker

160 ml kondensmelk

Vir die Sjokolade Ganache:

300 ml room

400 g donker sjokolade

125 ml Milo poeier

Bak die koek:

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 'n 20cm koekpan met margarien (of spuit) en voer dit met bakpapier uit.

Room die botter en suiker saam tot glad en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif die meel, bakpoeier en Milo saam en dan voeg dit bietjie vir bietjie by die bottermengsel terwyl op stadige spoed geklits word. Klits nou die karringmelk in. Gooi die beslag in die koekpan en bak vir 40-45 minute of tot toetspen gaar uit die middel van die koek kom. Laat die koek vir 10 minute afkoel en keer dan uit. Laat heeltemal op 'n draadrakkie afkoel.

Maak die Kondensmelk Versiersel:

Plaas die botter in 'n menkbak en klits vinnig tot lig en romerig - voeg die versiersuiker en kondensmelk by en klits tot goed gemeng. Sny die koek in drie gelyke dele, en dit die koeklae aanmekaar met die versiersel.

Maak die Sjokolade Ganache:

Smelt die room, sjokolade en Milo in 'n kastrol op die stoof of in 'n mikrogolfvaste bak in die mikrogolf. (Die Milo is geneig om klontjies te maak, so die voorstel is om dit eers in die warm room op te los voordat die sjokolade bygevoeg word.)

Laat die mengsel goed afkoel totdat dit maklik kan smeer en bedek die hele koek daarmee. (As jy haastig is kan jy die ganache in die yskas sit om af te koel - soos dit kouer word, so word dit stywer en kan dit makliker smeer. Moenie wag tot dit te koud is nie, want dan smeer dit weer baie moeilik.)

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page