Oondgebakte stokvis met fetakaas en tamaties
- Nicky Kruger
- May 16, 2015
- 1 min read

6 vars stokvisfilette (jy kan ook bevrore vis gebruik)
250 g fetakaas, grof gekrummel
hand vol vars basiliekruid, in stukke gebreek
300 g klein rosa-tamaties
150 ml olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Metode:
Voorverhit jou oond tot 180 °C
Sprinkel ’n bietjie van die olyfolie in ’n oondbak.
Sit die visfilette in die bak.
Plaas die fetakaas op elke filet, en rangskik die tamaties en basiliekruid rondom.
Gooi die res van die olyfolie oor en geur met sout en swartpeper.
Bak vir 20 minute.
Comentários