TUISGEMAAKTE RICOTTA
- Huiskok
- May 16, 2015
- 1 min read

Puriste sal dit moontlik nie as ware Italiaanse ricotta beskou nie, maar ek kan jou waarborg dat dit steeds ligjare beter is as die winkel-kaas wat as ricotta verkoop word. Vir ekstra rykheid kan dubbelroom bygevoeg word.
Bestanddele
4 k (1 l) vars volroommelk (nie langlewe-melk nie)
¼ k (60 ml) wit wynasyn – kan ook vars suurlemoensap gebruik
½ tot 1 t fyn sout (opsioneel)
Skil van 1 klein suurlemoen
Verhit die melk oor medium-lae hitte tot 80°C. Voeg die asyn en die sout by en kook terwyl jy roer tot 85°C. Haal van die plaat af en laat staan eenkant tot die wrongel vorm. Indien nodig kan jy nog ‘n bietjie asyn of suurlemoensap bysit om die wrongel aan te help. Gooi dit deur ‘n moeseliendoek en laat afdrup. Hoe langer dit hang, hoe droeër sal die ricotta wees. Behou die wei, wat in gebak, slaaisouse en vele ander dinge wat ons nog saam kan uitdink.
Wenk: die ricotta is baie veelsydig. Dis veral lekker met heuning, vye, gestoofde vrugte.
Comments