TUNA- A- LA KING
- Nicky Kruger
- May 16, 2015
- 1 min read

2 Blikkies Tuna Chunks in olie
+ – 700ml melk
125 ml room
1 el opgehoopte koekmeel
2 el sampioensop poeier
2 k gevriese ertjies ~ half ontdooi
1 pakkie sampioene ~ skoongemaak en in skywe gesny
1 groot ui ~ fyn gekap
sout
witpeper
4 el botter
Dreineer die olie van die tuna in jou kastrol en verhit. Hou die tuna eenkant.
Gooi die uie en sampioene by en braai tot tuna olie verdamp, gooi botter by en braai tot alles mooi bruin gebraai is. Voeg jou ertjies by met 100 ml melk, laat prut 5 minute
Gooi nou die tuna chunks by, moenie stukke opbreek nie
Sout en peper na smaak.
Gooi nou 500 ml melk by en bring stadig tot kookpunt
Maak ‘n pasta aan van die koekmeel en soppoeier met ‘n halwe koppie melk
Gooi by gereg sodra die melk kook.
Draai jou plaat op laag, roer versigtig, en prut vir 5 minute
Gooi room by en kook tot dik en romerig
Bedien saam met pasta of kapokaartappels
Comments