top of page

Vinnige sjokoladekoek

  • Sarie 8 Junie 2009
  • May 16, 2015
  • 1 min read

sjokoladekoek.jpg

Vir ’n vierkantige pan van sowat 15 x 20 cm.

(sowat 12 blokke)

• 230 g (250 ml) sagte botter

• 200 g (250 ml) suiker

• 4 eiers

• 280 g (500 ml) koekmeel

• 60 ml kakao gemeng met 60 ml warm water

• 10 ml bakpoeier

Vir ’n vierkantige pan van 32 x 38 cm

(sowat 24 blokke)

• 460 g (500 ml) sagte botter

• 400 g (500 ml) suiker

• 8 eiers

• 560 g (1 000 ml) koekmeel

• 120 ml kakao gemeng met 120 ml warm water

• 20 ml bakpoeier

Verhit jou oond tot 180 ºC. Voer die boom van die pan uit met bakpapier en smeer of spuit die pan goed. Plaas al die bestanddele in ’n mengbak. Meng alles saam teen ’n lae spoed tot ’n gladde beslag. Jy kan die menger vinniger stel wanneer die bestanddele deurgemeng is. Skep in die uitgevoerde pan en bak vir 25 minute. Haal uit die oond en laat effens afkoel in die pan voor jy die koek op ’n afkoelrak uitkeer. Versier met sjokolade-versiersel. Sny die koek in blokke so groot soos jy verkies en plaas ’n sjokolade-truffel bo-op elkeen.

Sjokolade-versiersel

Dié resep is vir die groter sjokoladekoek. Halveer dit as jy die kleiner een bak.

• 250 g (270 ml) sagte botter

• 500g (960 ml) versiersuiker

• 40 g (100 ml) kakao

• 50 ml melk

Sit die botter in jou elektriese menger. Sif die versiersuiker en kakao saam. Voeg dit by die botter. Meng alles goed saam en voeg melk by vir gladde versiersel.

 
 
 

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page