top of page

Alaska-bombe met framboos-en-roos-marmersous

  • Idees
  • May 17, 2015
  • 2 min read

Raspberry-Alaska.jpg

Genoeg vir: 8

Bereidingstyd: 25 minute, plus vriestyd

Baktyd: 2-5 minute

Oondtemperatuur: 240 oC

• 2 liter vanieljeroomys

• 150 ml roosgegeurde Turkse lekkers, gekap

• 15 ml roosgeursel

• 1 ronde sponskoek van 16 cm

• 100 ml bessie-vrugtesap

• 250 ml vars of bevrore frambose

• 6 groot eierwitte

• 460 ml (400 g) strooisuiker

• roosblare en vars frambose vir versiering

Sous

• 250 g bevrore frambose

• 100 ml strooisuiker

1 Sous Verhit die frambose, suiker en 20 ml water saam in ’n kastrol. Laat prut vir 10 minute, haal van die plaat af en gooi dan die sous deur ’n sif. Laat eenkant afkoel en sit in die yskas.

2 Haal die vanieljeroomys uit die vrieskas en laat dit effens sagter word. Voer ’n glas- of metaalbak van 16 cm met kleefplastiek uit.

3 Skep die roomys in die gevoerde bak. Meng die Turkse lekkers en die helfte van die roosgeursel in die afgekoelde sous. Skep die sous in die roomys en gebruik ’n stomp mes om ’n marmerpatroon deur die roomys te maak. Vries tot hard.

4 Sny die sponskoek in twee lae.

5 Sit die onderste laag op ’n oondplaat. Meng die bessiesap en die res van die roosgeursel saam en drup ’n bietjie daarvan oor die koek. Sprinkel van die frambose oor, sit die ander helfte van die koek bo-op en herhaal die proses.

6 Haal die roomys uit die vrieskas en keer dit uit op die sponskoekbasis. Trek die kleefplastiek af. Sit die koek terug in die vrieskas tot jy gereed is.

7 Verhit die oond tot 240 oC. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm. Gooi die strooisuiker stadig by en klits dit tot al die suiker opgelos het.

8 Haal die bombe uit die vrieskas. Smeer vinnig die meringue oor die koek. Bak dit vir twee tot vyf minute en draai dit gereeld tot dit oraloor goudbruin is. Sit dadelik voor en garneer met roosblare en vars frambose.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page