top of page

Beesstert

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • May 17, 2015
  • 1 min read

beesstert.jpg

Beesstert is deesdae effens aan die duur kant. Janet du Plessis van Tamboerskloof in Kaapstad rek dit met stukkies stowebeesvleis.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20-30 minute

Gaarmaaktyd: sowat 4 uur

30 ml (2 e) olyfolie

1 kg beesstert, in stukke gesny

500 g stowebeesvleisstukkies

(opsioneel)

koekmeel, met sout en peper gegeur

sout en vars gemaalde swartpeper

2 chorizo-worsies, in ringe gesny

(opsioneel)

2 uie, grof gekap

2 knoffelhuisies, gekneus

1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies

gesny

15 ml (1 e) vars origanum of 10 ml

(2 t) droë roosmaryntakkies

500 ml (2 k) water

1-2 blikke (410 g elk) gekapte

tamaties

3 aartappels, in kwarte gesny

suiker na smaak

30 ml (2 e) vars origanum

Verhit die helfte van die olie, rol die vleis in die gegeurde koekmeel en braai die vleis in sarsies tot goudbruin.

Geur met sout en peper.

Skep die vleis uit en verhit die res van die olie.

Braai die worsies, uie, knoffel en soetrissie ’n minuut en skep die vleis terug saam met die uimengsel.

Geur met die kruie, voeg die water en tamaties by en laat prut die vleis sowat 4 uur of tot sag.

Voeg die aartappels by sodra die vleis sag is en laat prut nog sowat 30 minute tot die aartappel gaar is. Geur met sout, peper en ’n knippie suiker. Garneer met origanum en sit voor met rys en ’n groenslaai.

Wenk:

Koop kleiner stukkies beesstert; dit kook vinniger sag.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page