BEESSTERT MET SULTANAS
- Huisgenoot
- May 17, 2015
- 1 min read

Mev. G.E. du Toit van Bloemfontein het hierdie staatmakerresep in 1970
in ’n tydskrif gekry. Ons het dit ’n bietjie aangepas.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaaktyd: sowat 3-3¼ uur
30 ml (2 e) olyfolie
1 kg beesstertstukke
15 ml (1 e) mosterdpoeier
15 ml (1 e) koekmeel
10 ml (2 t) sout
250 ml (1 k) lemoensap
15 ml (1 e) suurlemoensap
10 ml (2 t) worcestersous
125 ml (½ k) sultanas
2 selderystingels, in ringe gesny
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verhit die olie in ’n kastrol wat in die oond kan gaan en braai die
beesstert ’n paar stukke op ’n slag tot goudbruin.
Meng die mosterdpoeier, meel, sout, lemoensap, suurlemoensap
en worcestersous tot glad. Plaas die gebraaide vleisstukke
terug in die pot. Voeg die mosterdmengsel en die sultanas by,
meng goed en bedek die kastrol met ’n styfpassende deksel of foelie.
Plaas die kastrol sowat 3 uur in die oond.
Verwyder die deksel of foelie sodra die vleis sag is en voeg die seldery by.
Bak nog sowat 15 minute en sit voor saam met geroosterde tamaties en groenslaai.
Comentários