top of page

Camembert-brood

  • Resep ALETTA LINTVELT Foto MYBURGH DU PLESSIS
  • May 17, 2015
  • 1 min read

Camembert-brood.jpg

Resep ALETTA LINTVELT Foto MYBURGH DU PLESSIS

Vir 1 middelslag-brood

Voorbereityd 20 minute

Gaarmaaktyd 45 minute

4 koppies broodmeel

½ teelepel sout

1 sakkie (10 g) kitsgis

1 teelepel suiker

2 koppies louwarm water

1 eetlepel oliebotter

2 heel (125 g) camembertkaaswiele

1 Meng die meel en sout in ’n groot bak. Roer die gis en suiker in by 1 koppie louwarm water. Sodra dit begin skuim, kan jy dit in die middel van die meel inskink. Begin die meel en gis met ’n houtlepel meng en hou aan om bietjies water by te gooi totdat jy ’n taamlike klam maar kniebare deeg het.

2 Knie die deeg vir ’n paar minute, bedek dit dan met ’n vadoek en laat dit vir sowat 30 minute in ’n warm plek staan om te rys.

3 Smeer intussen ’n klein pot se binnekant met botter. Sodra die deeg in grootte verdubbel het, knie jy dit weer af en vorm ’n plat sirkel.

4 Sit die twee wiele camembert in die middel van die deeg neer en vou die res van die deeg bo-oor om dit heeltemal toe te maak. Knyp die deegrande deeglik toe, anders gaan die kaas in die pot uitloop.

5 Sit die brood – soomkant na onder – in die pot. Laat dit vir 20 minute rys en bak dit dan met ’n paar kole op die deksel vir sowat 45 minute oor matige kole.

6 Dop die brood uit en laat dit ’n rukkie afkoel voor jy dit sny en saam met konfyt as voorgereg geniet.

 
 
 

ความคิดเห็น


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page