DUITSE FRANKFURTER KASSEROL
- Huisgenoot
- May 17, 2015
- 1 min read

Nikki Young van Bellville is een van ons
gereelde wenresepte-deelnemers en het
hierdie resep ’n hele ruk gelede ingestuur.
Genoeg vir 2-4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: sowat 30 minute
500 g frankfurters, in 2,5 cm-stukke gesny
1 pakkie (100 g) pitlose olywe
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
200 g vars groenboontjies, in stukkies gesny
1 ui, fyn gekap
1 blik (410 g) tamatieroomsop
15 ml (1 e) suiker of 10 ml (2 t) soet brandrissiesous
2 ml (½ t) sout
2 ml (½ t) paprika
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Spuit ’n oondbak met kleefwerende kossproei.
Meng al die bestanddele behalwe die pietersielie en skep dit in die voorbereide oondbak.
Bedek met tinfoelie en bak sowat 30 minute of tot gaar.
Garneer met pietersielie en sit voor met aartappels en suurkool.
Comentarios