Gebakte Kool
- The Rainbow Team
- May 17, 2015
- 1 min read

Gebakte Kool
Ongeveer ½ Koolkop, Grof Gekerf
1 Medium Ui
2 Medium Aartappels
Ham / Viennas / Kaasworsies / Spek Na Keuse
1 Pakkie "Potato Bake" (Bacon And Cheese)
Gerasperde Kaas
>>>
Metode:
1. Kook Kool Op In Bietjie Soutwater Tot Net Bros. Dreineer Goed En
Skep In Gesmeerde Oondbak.
2. Kerf Ui En Soteer In Botter. Skep Oor Kool.
3. Skil Aartappels En Sny In Klein Blokkies. Kook In Mikrogolf Tot Net-Net
Gaar. Dreineer En Braai In Botter Tot Ligbruin. Skep Oor Kool En
Uie.
4. Braai Ham, Viennas, Kaasworsies Of Spek In Botterpan. Skep Oor
Kool-Mengsel.
5. Meng Alles Liggies Met 'n Groot Vurk.
6. Meng "Potato Bake" Volgens Aanwysings En Gooi Bo-Oor
Koolmengsel.
7. Rasper Kaas Bo-Oor En Bak In Oond (180°C) Vir ± 20 Minute
Tot Gestol.
>>>
Danie Van Rensburg
”OU Boerekos Resepte”
Comments