GEMSBOK-EN-PATATPOTJIE
- The Rainbow Team
- May 17, 2015
- 1 min read

Elna Kruger van Helderkruin is ’n gebore en getoë Suidwester.
Sy vertel haar pa was ’n uithaler-jagter en -visterman en so is haar belangstelling in kos geprikkel.
Sy het vir ons van haar gunsteling-wildsresepte, wat sy self beproef en ontwikkel
het, gestuur.
Sy en haar man, Louw, onthaal gereeld gaste wat dan met wildsgeregte bederf word.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 1½-2 uur
50 ml olie
1 kg gemsbokrugstring, in kleiner
blokkies gesaag
1 ui, in ringe gesny
1 groot knoffelhuisie,
gekneus
sout en vars gemaalde swartpeper
1 lourierblaar
5 ml (1 t) droë tiemie
3 naeltjies
750 ml (3 k) vleisaftreksel
2 groot patats, geskil en in skywe gesny
50 ml mediumroom-sjerrie
Verhit twee derdes van die olie in ’n groot pot en braai die vleis daarin tot
goudbruin.
Skep die vleis uit en hou eenkant.
Verhit die res van die olie en braai die ui en knoffel ’n minuut.
Skep die vleis terug en geur met sout en vars gemaalde swartpeper.
Voeg die kruie en speserye asook die vleisaftreksel by.
Bedek, verlaag die hitte en laat prut tot die vleis sag is.
Rangskik die patats boop die vleis, besprinkel met die sjerrie en kook nog 20-30 minute tot die patats sag is.
Geur met sout en peper indien nodig.
Wenk:
Jy kan die gemsbokvleis met enige ander soort wildsvleis vervang.
Comments