top of page

Glutenvrye saadjiebrood

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • May 17, 2015
  • 2 min read

Glutenvrye saadjiebrood.jpg

ALETTA LINTVELT

Hiérdie broodjie maak my baie opgewonde. Dis nie soet nie, heeltemal glutenvry en beslis meer aan die “gesonde” kant van die skaal. Die kosskrywer Sarah Britton het die resep ontwikkel en ek het dit op haar kosblog, My New Roots, raakgelees.

Die brooddeeg word nie geknie nie en dit rys ook nie – jy meng bloot ’n klompie sade bymekaar en laat dit staan om te uit swel voordat jy dit bak. Vandat ek dit die eerste keer gemaak het, kan ek nie genoeg daarvan kry nie. Ek eet dit met lekker sout plaasbotter en ’n skyfie kaas. Nou die dag het ek skyfies van die brood gerooster en dit voorgesit saam met ’n potjie olyf-tapenade – ’n wen kombinasie!

Sarah gebruik 1½ koppie hawermout in haar weergawe van die brood, maar ek het dit vervang met ander sade en neute omdat ek (ook) tans op Tim Noakes se dieet is en stysel moet vermy. Jy kan ook gerus eksperimenteer – sorg net dat die verhouding van sade tot water dieselfde bly en moenie die psilliumsaaddoppies weglaat of met iets anders vervang nie, dit is wat die brood bind.

Maak 1 brood

Voorbereityd 15 minute plus 2 uur rustyd

Gaarmaaktyd 50 minute

Jy benodig

4 eetlepels psilliumsaaddoppies

4 eetlepels sesamsaad

½ koppie klapper

1 koppie vlassaad

½ koppie rou haselneute of amandels, gekap

1½ koppie rou sonneblomsade

1 teelepel gekapte tiemie of roosmaryn

1 teelepel sout

350 ml water

1 eetlepel heuning

4 eetlepels gesmelte botter of klapperolie

Só maak jy

Smeer ’n klein broodpan van 22 cm x 12 cm met 1 eetlepel botter. Meng al die droë bestanddele in ’n bak. Meng die water, heuning en laaste 3 eetlepels botter, en meng dit met die droë bestanddele. (Voeg nog 1-2 eetlepels water by indien dit te moeilik meng.) Krap die mengsel in die broodpan en bedek dit met kleefplastiek. Laat dit vir 2 ure (of oornag) staan.

Voorverhit die oond tot 175 °C. Bak die brood vir 20 minute. Dop die brood uit die pan en plaas dit onderstebo op ’n oondrakkie. Bak dit vir nog 35-40 minute in die middel van die oond. Die brood is reg wanneer dit hol klink as jy daarop klop. Die brood moet heeltemal afkoel wees voordat jy dit sny.

WENK As jy die brood in kleefplastiek toedraai, behoort dit tot 5 dae in ’n lugdigte houer te hou. Jy kan ook individuele snye vries en net weer in die broodrooster verhit soos benodig.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page