Hoender-en-sampioenvlegsel
- Idees
- May 17, 2015
- 1 min read

Genoeg vir: 4
Baktyd: 15 minute
Oondtemperatuur: 200oC
• 15ml sonneblomolie
• 250g dwergsampioene, gesny
• 400g gaar hoender, in hapgrootte stukkies gesny
• 1 pakkie sampioensop
• 75ml melk
• 1 rol skilferkorsdeeg, ontdooi
1 Verhit die olie in ’n groot pan. Soteer die sampioene, voeg dan die hoender by en sprinkel die soppoeier oor.
2 Voeg die melk en 75ml water by. Roer tot die mengsel begin verdik.
3 Sny die skilferkorsdeeg in vier porsies of gebruik die hele rol. Skep die hoender- mengsel in die middel af.
4 Sny die deeg aan weerskante van die vulsel in diagonale stroke van sowat 2cm elk. Vleg die deegstroke om die vulsel te bedek. Bak in ’n voorverhitte oond vir 15 minute of tot bros en goudbruin.
Comments