top of page

Karamelpiesangbrood

  • ALETTA LINTVELT
  • May 17, 2015
  • 1 min read

Karamelpiesangbrood.jpg

ALETTA LINTVELT

My ma is nie die mees bedrewe kok nie, maar sy maak wel ’n heerlike piesangbrood. Soveel so dat my dogter, Rizzia, haar neus vir myne optrek. Ek vermoed sy gebruik ’n Wenresepte-boek se resep, maar maak nie saak hoeveel resepte ek al probeer het nie, myne kom net nooit so fyn en geurig uit soos hare nie. Dalk is dit omdat ek nooit my piesangs so lank laat lê en ryp raak nie…

Steeds, dit keer my nie om byna elke piesangbroodresep wat ek op afkom te toets en dan aan Rizzia voor te lê vir kommentaar nie. Op die oomblik is hierdie minder soet broodjie ons albei se gunsteling. Laat weet my wat julle dink!

Maak 1 broodjie

Voorbereityd 20 minute

Gaarmaaktyd 1 uur

Jy benodig

1½ koppie fyn piesang (3-4 piesangs)

1 groot eier

6 eetlepels botter, saggemaak

¾ koppie ligbruin suiker

1 teelepel vanieljegeursel

1¼ witmeel

1 teelepel bakpoeier

½ teelepel sout

½ koppie sagte toffies (Wilsons Cream Caramels), fyngekap of gerasper

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer 1 broodpan van 22×12 cm.

Druk die piesangs fyn en meng dit met die eier, botter en suiker. Meng die droë bestanddele daarby tot net gemeng. Roer die gekapte toffies deur.

Krap die mengsel in die broodpan uit en bak dit vir 60-70 minute of totdat die brood goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom. Laat dit vir 10 minute in die pan afkoel voor jy dit uitkeer. Laat die broodjie dan heeltemal afkoel voor jy dit sny.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page