Krakerige Franse roosterbrood
- The Rainbow Team
- May 17, 2015
- 1 min read

DEUR ALETTA LINTVELT
Vir 6
Voorbereityd 10 minute
Gaarmaaktyd 20 minute
Die staatmaker Franse roosterbrood.
Die kinkel Franse roosterbrood gerol in ontbytvlokkies. Hierdie is ’n heerlik krakerige Franse roosterbrood – eet dit met die hand en doop dit net in die stroop. Voilà!
Jy benodig
• ½ koppie melk
• 4 eiers
• 1 witbrood
• 2 koppies ontbytgraanvlokkies (Corn Flakes)
• botter om te braai
• esdoringstroop om voor te sit
Só maak jy
1 Meng die melk en eiers in ’n vlak bak. Sny die brood in dik vingers. Gebruik ’n wynbottel om die graanvlokkies fyn te rol, en sprei dit op ’n bord uit.
2 Smelt ’n klontjie botter in ’n pan. Pak die broodvingers in die eiermengsel en laat dit vir 5 minute week (die brood gaan té sag raak as jy dit langer los). Rol die vingers een-een in die krummels en sit dit in die warm botter sodra dit begin borrel.
3 Braai die broodvingers oor matige hitte tot goudbruin en bros aan albei kante. Gooi esdoringstroop in ’n blikbeker of vlak bakkie en sit die warm brood daarmee voor sodat jy dit daarin kan doop.
Comments