LENSIE-EN-WORSGEBAK
- Huisgenoot
- May 17, 2015
- 1 min read

Mev. Cheryl Lombard van Matatiele in KwaZulu-Natal deel hierdie maklike eenpotresep.
Genoeg vir 2-4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20-30 minute
30 ml (2 e) olie
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
3 wortels, skoon geskraap en in skywe gesny
500 ml (2 k) bruin of rooi lensies
1 liter (4 k) water
1 lourierblaar
sout en vars gemaalde peper
5 ml droë, gemengde kruie
3 Russiese worsies, in ringe gesny
30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap of heel vir garnering
Verhit die olie en braai die ui, knoffel en wortels sowat 5 minute.
Voeg die lensies, water en lourierblaar by en verhit tot kookpunt.
Verlaag dan die hitte en laat prut tot die lensies gaar is.
Geur met die sout, peper en gemengde kruie.
Braai die Russiese worsies ’n paar minute in ’n pan tot goudbruin en roer dit by die lensiemengsel in.
Garneer met vars pietersielie.
Sit voor met ’n groenslaai.
Comments