Marmite-tert
- Idees
- May 17, 2015
- 1 min read

Genoeg vir: 8
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180°C
• 150g koekmeel
• 5ml mosterdpoeier
• 7,5ml bakpoeier
• 125g botter, in blokkies gesny
• 250ml cheddar, gerasper
• 1 klein ui, gekap
• 1 groot eier, liggies geklop 15-30ml melk
• 50g ekstra botter
• 5ml Marmite
1 Sif die koekmeel, mosterdpoeier en bakpoeier saam.
2 Voeg die botter, kaas en ui by, en vryf dit goed in. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Voeg die eiers en genoeg melk by vir ’n taamlik stywe mengsel.
3 Skep dit in ’n gesmeerde pasteibak en bak 20 minute in ’n verhitte oond.
4 Smelt die ekstra botter en Marmite saam en drup dit oor die tert sodra dit uit die oond kom. Sny dit en sit warm voor. Dié tert is ’n heerlike southappie by oggendtee. Dit is ook ’n heerlike ligte ete saam met slaai.
留言