top of page

Mielieroosterkoek en mosterdkaassous

  • ALETTA LINTVELT
  • May 17, 2015
  • 2 min read

Mielieroosterkoek en mosterdkaassous.jpg

ALETTA LINTVELT

Vir 8

Voorbereityd 20 minute, plus rystyd

Gaarmaaktyd 20 minute

Die staatmaker Roosterkoek met wors.

Die kinkel Gegeurde mielieroosterkoek met ’n mosterdkaassous.

Jy benodig

• 4 koppies broodmeel

• 1 sakkie (10 g) kitsgis

• 1 teelepel sout

• 1 koppie louwarm water

• 1 groot hand vol pietersielie of basilie, fyngekap

• 12 sondroogtamaties, fyngekap

• 2 groot hande vol cheddar, gerasper

• ½ koppie heelpitmielies

Vir die mostertsous

• 1 koppie melk

• 1 eetlepel mielieblom

• 2 eetlepels water

• ’n knippie rooipeper

• 1 eetlepel heelkorrelmosterd

• 2 hande vol cheddar, gerasper

• sout na smaak

Vir die wors

• 3 eetlepels heuning

• 6 eetlepels sojasous

• ½ teelepel knoffel, fyngekap

• 500 g hoender- of varkwors

Só maak jy

1 Maak die roosterkoeke: Meng die meel, gis en sout met die louwarm water totdat dit ’n slap deeg vorm. Knie dit vir 10 minute, bedek dit en laat dit dan eenkant staan sodat die deeg kan rys tot dubbel die volume. Knie die deeg af en verdeel dit in 8 plat, ronde stukke.

2 Meng die kruie, tamatie, kaas en mieliepitte saam en verdeel dit tussen die 8 deegsirkels. Vou die deeg om die vulsel en vorm ’n plat, ronde roosterkoek.

3 Laat die deegbolle vir 20 minute onder ’n doek staan sodat dit weer effens kan uitrys. Braai dit oor warm kole tot goudbruin en gaar.

4 Maak die mosterdsous: Verhit die melk in ’n potjie tot kookpunt. Meng die mielieblom met die water en roer dit deur die melk. Hou aan roer totdat dit verdik (as jy dit dikker verkies, kan jy nog ’n bietjie mielieblom oplos en deurroer).

5 Verlaag die hitte en voeg die rooipeper, mosterd en kaas by, en haal dit van die hitte af. Proe en voeg sout na smaak by.

6 Braai die wors: Meng die heuning, sojasous en knoffel en gooi dit oor die wors. Braai dit in ’n pan of oor warm kole tot gaar, en sny dit dan in stukke. Skep die wors op die warm rolletjies en skep van die mosterdsous bo-oor.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page