Mini-muffins met soetmielies en kaas
- The Rainbow Team
- May 17, 2015
- 1 min read

Maak: sowat 60
Bereidingstyd: 10 minute
Baktyd: 10-12 minute
Oondtemperatuur: 200 ̊C
• 270 g (500 ml) bruismeel
• 1 ml rooipeper
• 3 groot sprietuie, fyngekap
• 250 ml gerasperde beleë cheddar
• 10 ml droë Italiaanse kruie
• 2 groot eiers
• 80 ml sonneblomolie
• 120 ml melk
• 410 g-blik geroomde soetmielies
1 Sif die meel, rooipeper en 5 ml sout saam. Voeg die sprietuie, kaas en kruie by.
2 Klop die eiers, olie en melk in ’n aparte bak saam. Roer die soetmielies by en voeg dit by die droë bestanddele. Roer dit liggies tot net gemeng. Skep dit in gesmeerde of gevoerde mini-muffinpannetjies. Bak dit vir 10 minute of tot goudbruin en deurgaar.
Wenk Jy kan dié muffins middeldeur sny en roomkaas daarop smeer, as jy wil.
Comentários