Monkeygland-hoenderburger
- The Rainbow Team
- May 17, 2015
- 1 min read

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 8 minute
• 4 hoenderborsfilette
• olyfolie
• 1 middelslag-ui, opgekap
• 125 ml elk tamatiepuree en blatjang
• 60 ml worcestersous
• 30 ml asyn
• 30 ml port
• 10 ml gerasperde vars gemmer (3 ml gedroog)
• hamburgerrolletjies, slaai en aartappelwiggies om voor te sit
1 Sny die hoenderborsies in die lengte middeldeur. Slaan dit liggies met die palm van jou hand plat. Geur en drup ’n bietjie olyfolie oor.
2 Verhit 20 ml olyfolie in ’n kastrol. Voeg die ui by en soteer tot sag. Voeg die res van die sousbestanddele by. Laat prut vir 10 minute.
3 Verhit ’n pan of riffelpan en braai die hoenderborsies vir twee minute aan ’n kant tot net gaar. Sit in die kastrol met die sous. bedek goed.
4 Sit voor op rolletjies saam met slaai en tjips of aartappelwiggies.
Comments