Perske - Gemmer - Yogurt Tert
- Corne Liebenberg
- May 17, 2015
- 1 min read

Bestanddele:
Kors:
200g gemmerkoekies
30ml botter
Vulsel:
500ml gewone yogurt
1 blik kondensmelk
1 teelepel fyn gemmer
geblikte perskes
Metode:
Plaas die koekies in 'n plastiese sak en rol stukkend met 'n koekroller.
Smelt die botter en meng met die koekies.
Druk die koekie en botter mengsel onder in 'n tertbak vas.
Meng die yogurt, kondensmelk en gemmer.
Pak die perskes op die koekiekors in die tertbak.
Giet die vulsel oor die perskes.
Mikrogolf op hoog vir 6 minute.
Verkoel vir ten minste 3 ure voor opdiening.
Comments