SOMERSET VARKKASSEROL
- The Rainbow Team
- May 17, 2015
- 1 min read

Petro Graythorn van Bellville noem dit haar
‘‘pak-alles-in-een-skottel-en-bak-gereg’’. Sy
het die resep jare gelede by ’n Britse vriendin
gekry en intussen so ’n bietjie daaraan verander,
maar dit bly steeds ’n wenner.
Genoeg vir 2-4 mense
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 1-1½ uur
30 ml (2 e) botter
3 appels, ontpit en in dun skywe gesny
2 uie, in skywe gesny
10 ml (2 t) suiker
10 ml (2 t) droë salie
4 groot varktjops, sonder swoerd
50 ml meel, met sout en peper gegeur
125 g knopiesampioene, in kwarte gesny
50 ml witwynasyn
100 ml hoenderaftreks
80 ml (1/₃ k) vars broodkrummel
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Smelt 10 ml van die botter en smeer ’n middelslagoondbak daarmee.
Rangskik die helfte van die appel- en uiskywe op die boom.
Geur met suiker en salie.
Bestuif die tjops met gegeurde meel en pak dit bo-op die appels en uie.
Rangskik die sampioene bo-op die tjops, gevolg deur die res van die appels en uie. Giet die asyn en aftreksel bo-oor, meng die krummels en kaas en sprinkel bo-oor. Stippel die res van die botter bo-oor.
Bak onbedek sowat 1-1½ uur tot die vleis sag is en sit voor met ’n groenslaai.
Comments