Spesery-worsrolletjies
- Idees
- May 17, 2015
- 1 min read

Maak: sowat 24
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 15-20 minute
Oondtemperatuur: 200 ̊C
• 500 g vark- of hoenderworsies
• 1 ui, fyngekap
• 60 ml mango-atjar (of blatjang)
• 800 g (2 rolle) klaar skilferdeeg
• 100 ml gerasperde cheddar
• 1 groot eier, liggies geklits
• 30 ml sesamsaad
1 Druk die worsvleis uit die derms uit. Voeg die ui en atjar of blatjang by en roer dit goed.
2 Sny die deeg in repe van 15 cm breed. Verdeel die vleisvulsel tussen die deegrepe en skep dit in ’n lang strook in die lengte van die elke reep af. Sprinkel die kaas oor.
3 Verf die kante van die deeg met eier en vou die deeg oor. Druk dit vas sodat die vulsel toe is. Verf dit met nog eier en sprinkel sesamsaad oor. Sny dit in stukkies van 5-8 cm.
4 Pak die rolletjies op ’n gesmeerde bakplaat en bak dit vir 15 tot 20 minute tot goudbruin.
Commenti