top of page

Spinasie-en-spektert

  • Idees
  • May 17, 2015
  • 1 min read

Spinasie-en-spektert.jpg

Genoeg vir: 8-10

Bereidingstyd: 35 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

Oondtemperatuur: 180 ̊C

Basis

• 100 ml (90 g) gesmelte botter

• 110 ml (60 g) koekmeel

• 50 ml gerasperde cheddar

Vulsel

• 20 ml botter

• 1 groot ui, fyngekap

• 125 g swoerdlose strepiespek, gekap

• 250 ml gaar spinasie, gedreineer en fyngekap

• 2 groot eiers

• 250 ml melk

• 125 ml room

• 30 ml koekmeel

• 100 ml gerasperde cheddar

• 5 ml fyn paprika

1 Gooi die gesmelte botter in ’n tertpan van 22 cm. Voeg die meel, kaas en 1 ml sout by en meng dit. Druk die deeg met jou vingers oor die bodem van die pan om dit te voer. Prik die deeg oraloor met ’n vurk. Bak die tertkors in die warm oond vir 10 minute.

2 Vulsel Verhit die botter en braai die ui tot sag. Skep dit uit die pan en hou dit eenkant. Gooi die spek in die pan en braai dit bros. Dreineer die oortollige vet, voeg die spinasie by en meng goed. Haal dit van die plaat af.

3 Meng die eiers, melk, room en meel in ’n aparte bak saam. Geur dit met sout en varsgemaalde swartpeper. Voeg die spinasiemengsel by en roer goed. Gooi dit in die tertdop. Sprinkel die kaas en paprika oor en bak dit in die warm oond vir 30 minute tot goudbruin. Sit dit warm of koud voor.

 
 
 

Komentáře


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page