top of page

Stap vir stap: Turkse lekkers

  • Idees
  • May 17, 2015
  • 3 min read

Turkish-delight.jpg

Maak: 30-36 stukke

Bereidingstyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: nagenoeg 40 minute

• 545g (625ml) strooisuiker

• 125ml vloeibare glukose

• 100g (170ml) mielieblom

• gerasperde skil van 1 lemoen of suurlemoen

• 2 druppels geel of oranje koskleursel

• 20g (30ml) gelatienpoeier

• 125ml gesifte versiersuiker, vir oorstrooi

• 125ml gesifte mielieblom, vir oorstrooi

1 Verhit die strooisuiker, vloeibare glukose en 170ml water in ’n kastrol oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos het. Stel dan die plaat hoër en laat die mengsel kook. As daar kristalle aan die kante van die kastrol vorm, kan jy dit met ’n nat smeerkwassie afvee. Kook tot die mengsel hardebolstadium (115 ̊C op ’n suikertermometer) bereik of toets dit in ’n koppie koue water – ’n klein lepel vol van die mengsel moet ’n ferm bal vorm as jy dit in die water laat val.

Turkish-delight-Step-1.jpg

2 Meng die mielieblom met 150ml water om ’n gladde pasta te vorm. Haal die kastrol van die plaat af en voeg die mielieblompasta stadig by die suikermengsel terwyl jy dit heeltyd klop. Sit dit terug op die plaat en laat kook. Roer oor matige hitte en kook die mielieblom totdat die mengsel minder wolkerig raak.

Turkish-delight-Step-2.jpg

3 Haal die kastrol van die plaat af en roer die lemoen- of suurlemoenskil en die koskleursel by. Meng die gelatienpoeier met 150ml water en laat dit eenkant staan vir ’n paar minute. Sodra die gelatien die water geabsorbeer het, moet jy dit in ’n bak oor ’n kastrol met pruttende water of in die mikrogolfoond verhit totdat dit loperig raak – oppas net dat dit nie kook nie. Voeg die gesmelte gelatien by die suikermengsel en klop goed.

Turkish-delight-Step-3.jpg

4 Voer ’n vierkantige 20cm-houer met aluminiumfoelie uit en spuit kleefvrye spuitmiddel aan. Gooi die lekkergoedmengsel in die houer. Laat dit afkoel en bêre dit dan oornag in die yskas totdat dit ferm is. Meng die gesifte versiersuiker en mielieblom en strooi dit oor ’n skoon oppervlak. Keer die gestolde Turkse lekkergoed op die gesifte mengsel uit. Bedek die lem van ’n skerp mes met die mielieblommengsel en sny die lekkergoed in klein blokkies. Bestrooi al die kante van die blokkies met die gesifte mengsel en laat dit oornag op ’n draadrakkie staan om droog te raak. Bêre in ’n lugdigte houer tot jy dit voorsit.

Turkish-delight-Step-4.jpg

Kookwenke

• Jy kry vloeibare glukose by uitgesoekte supermarkte, gesondheidswinkels en apteke.

• Maak seker jy kook die suikerstroop tot hardebolstadium, anders sal die mengsel te sag wees om te sny.

• Dit kan nogal moeilik wees om die taai mengsel te sny. Verhit die mes in ’n beker kookwater en droog dit af net voor jy die lekkers sny. Die warm mes sal makliker sny. So nie moet jy net die mes herhaaldelik skoonmaak en met die mielieblommengsel bestrooi soos jy werk.

• Turkse lekkers se tekstuur verbeter oor ’n paar dae. Dit het eers ’n jellieagtige tekstuur, maar dan raak dit fermer. Dis op sy lekkerste ’n week ná dit gemaak is.

• Party soorte rooswater (sien ‘Verskillende geure’ hier- onder) is sterker as ander. Voeg dit bietjies-bietjies op ’n slag by en proe die mengsel om die geur te toets.

Verskillende geure

• Roos Voeg 10ml rooswater en drie druppels pienk koskleursel pleks van die sitrusskil en geel of oranje kleursel by.

• Kersie Roer 70g gekapte geglaseerde kersies by die roosgeur-mengsel.

• Lemoen-en-amandel Roer aan die einde van die gaarmaak- proses 100g fyngekapte geroosterde amandelvlokkies by. (Moenie te groot stukke neute gebruik nie, want dit sal moeilik sny.)

• Sitrus-en-gemmer Voeg 25ml fyngekapte geglaseerde gemmer by die suurlemoen- of lemoenmengsel.

• Sjokolade Doop individuele blokkies Turkse lekkers in gesmelte donker- of witsjokolade en laat dit op ’n draadrakkie hard word.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page