Uitmekaartrek kaasbrood
- Resep ALETTA LINTVELT Foto MYBURGH DU PLESSIS
- May 17, 2015
- 1 min read

Resep ALETTA LINTVELT Foto MYBURGH DU PLESSIS
Vir 6
Voorbereityd 10 minute
Gaarmaaktyd 20 minute
3 eetlepels knoffel, gekap
2-5 eetlepels roomkaas
2 eetlepels botter
1 bossie pietersielie, gekap
1 soet brandrissie, gekap
2 koppies cheddarkaas, gerasper
1 groot plat, ronde witbrood
Meng alles (behalwe die brood) goed saam.
Sny diep kepe oor die lengte en breedte van die brood, maar moenie deur die onderste korsie sny nie.
Skep die mengsel in die kepe. Draai die brood twee keer toe in dik foelie toe en bak dit vir 15-20 minuteoor die kole. Geniet hom sommer dadelik!
Σχόλια