Aartappels met bloukaas, heuning en Parmaham
- Seline en Leandri van der Wat
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
4 groot aartappels, gewas, maar nie geskil nie
100 g bloukaas
50 ml room
50 ml botter
½ t fyngekapte knoffel
3 salieblare, gekap
4 e heuning
8 snye Parmaham
Só maak ’n mens:
1. Bak die heel aartappels vir 45 minute by 200 °C of tot deurgaar.
2. Haal uit die oond en sny middeldeur. Gebruik ’n eetlepel om versigtig die sagte aartappel uit te skraap totdat jy net ’n dun “dop” van aartappelskil oor het. Stel intussen jou oond op rooster en verhoog die temperatuur tot 220 °C.
3. Druk die aartappel wat jy uitgeskraap het fyn saam met die botter, knoffel, salie en room. Geur na smaak met sout en peper.
4. Krummel die bloukaas oor die aartappelmengsel en skep dit dan terug in die aartappelskille.
5. Drup ½ t heuning oor elke aartappelskilhelfte. Plaas onder die warm rooster en rooster tot effens goudbruin.
6. Terwyl die aartappels in die oond is, pak die Parmaham uit op ’n bakplaat en sodra jy die aartappels uitgehaal het, rooster ook die ham tot bros (dit behoort net sowat ’n minuut te neem). Sit voor saam met die aartappels.
Comentarios