Aartappelslaai
- John Jackman van Heidelberg.
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
5 middelgroot aartappels (gewas)
2 t (gelyk) sout
1 groot agurkie, fyngekap
1 appel (geskil, middel verwyder en opgekap)
1 t (gelyk) suiker
1 e druiweasyn
1 e water
½ klein ui, gekap
4 e mayonnaise
Só maak ’n mens:
1. Kook aartappels in water met ’n bietjie sout tot gaar. Toets met ’n breipen om seker te maak dit is sag. Gooi water af en laat afkoel tot louwarm. Krap skil af en sny in blokkies.
2. Sprinkel een teelepel van die sout oor en meng liggies.
3. Meng al die oorblywende bestanddele in ’n aparte houer, meng nou die mengsel met die aartappels.
4. As die slaai te droog lyk, kan nog mayonnaise bygevoeg word. Bêre in die yskas totdat jy dit wil voorsit.
Foto: Nelius Rademan
Comments