top of page

Aartappelsop met geroosterde knoffel en pecorino

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 21, 2015
  • 1 min read

Aartappelsop met geroosterde knoffel en pecorino.jpg

Jy benodig:

1 knoffelbol

3-4 middelgroot aartappels, geskil en gekook tot net sag

¼ koppie botter

¼ koppie meel

1 ui, gekap

1 liter hoender- of groenteaftreksel

1 koppie melk

½ koppie room

vars tiemie na smaak

½ koppie varsgerasperde pecorino

sout en peper na smaak

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 190 °C. Sny die bokant van die knoffelbol af sodat jy van die huisies kan sien. Vryf ook die meeste skil van die buitekant van die bol af. Drup ’n bietjie olyfolie en sout en peper oor die knoffelbol. Draai dit dig toe in foelie en plaas op ’n bakplaat. Bak 40-45 minute tot gaar. Laat afkoel en dop dan die individuele knoffelhuisies uit. Dit sal baie maklik loskom en sal ’n mooi goudbruin kleur hê.

2. Smelt die botter in ’n groot kastrol oor matige hitte. Braai die uie so drie tot vier minute tot deurskynend.

3. Voeg die meel by en roerbraai ’n minuut. Moenie dat die meel bruin braai nie.

4. Roer die aftreksel, melk, room, sout en peper by en laat die sop opkook. Verlaag die hitte en prut twee tot drie minute. Roer ’n paar keer.

5. Sny die gaar aartappel in blokkies en roer dit saam met die knoffel (sowat nege huisies) en gerasperde pecorino by die sop. Laat sowat tien minute stadig oor lae hitte prut.

6. Versap die sop in jou versapper tot glad – of gebruik ’n handversapper. Sit die sop warm voor saam met ekstra gerasperde pecorino en lekker brood van jou keuse.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page