top of page

Appelkoosmuffins

  • Hilda Lategan
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Appelkoosmuffins.jpg

Jy het nodig

(vir 12 muffins):

100g sagte droë-appelkose, bv. Turkse appelkose

60ml vars lemoensap

180g bruismeel

5ml bakpoeier

2,5ml sout

50g klam bruinsuiker

70g hawersemels (oat bran)

2 groot eiers, geskei

30ml sonneblom- of kanola-olie

175ml ongegeurde laevetjogurt

5ml vanieljegeursel

60ml fyn appelkooskonfyt

40g pekanneute, gekap

20ml klam bruinsuiker

Só maak ’n mens:

1. Sny die appelkose met ’n kombuisskêr in klein stukkies. Week dit vir 20 minute in die lemoensap.

2. Voorverhit die oond tot 180°C.

3. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam en roer die bruinsuiker en hawersemels by.

4. Klits die eierwit styf. Klits die eiergeel, olie en jogurt saam. Voeg die geweekte appelkose, lemoensap en jogurtmengsel by die droë bestanddele. Meng liggies tot net gemeng en vou die eierwit in.

5. Skep die helfte van die deeg in 12 gesmeerde muffinpanholtes en skep dan 5 ml appelkooskonfyt in die middel van die deeg in elke holte. Skep die oorblywende deeg oor die konfythopie en maak gelyk.

6. Meng die gekapte neute met bruinsuiker en strooi dit eweredig oor die muffins. Bak vir 18 tot 20 minute tot goudkleurig en gaar. Laat die muffins tot louwarm afkoel in die pannetjies sodat die konfyt kans kry om te stol en die muffins makliker hanteer.

Variasie: Vervang die appelkose met gedroogde peerhelftes of appelringe en week dit in peer- of appelsap. Vervang die appelkooskonfyt met aarbei- of youngbessiekonfyt.

*Inpak en bêre?

Bêre die muffins tot twee dae lank in ’n houer met ’n digpassende deksel op ’n koel donker plek. Andersins kan dit tot drie maande bevries word en dit kan steeds bevrore in die kosblik gepak word vir teetyd of middagete.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page