Beskuitjies met rissiebiltong
- Smulpaap
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy benodig:
1 koppie suiker
500g ongesoute botter, gesmelt
3 E brandewyn
2 t amandelgeursel
1 t vanieljegeursel
150g rissie-biltong, opgekap
3 eiers
1 ½ t bakpoeier
2 ¾ koppies meel
¼ teelepel sout
Maak so:
1. Meng die suiker, botter, brandewyn en geurmiddels saam. Meng die biltong en eier by. Meng die meel, bakpoeier en sout by.
2. Bedek en verkoel die deeg vir 30 minute.
3. Voorverhit die oond tot 180°C. Met klam hande, halveer die deeg en vorm twee brode op ’n bakplaat met bakpapier berei.
4. Bak vir sowat 30 minute tot elk ’n vaal goue kleur het. Laat rus die brode op ’n draadrak vir 15 minute. Sny in 1 ½cm-snye. Rangskik die biscotti, gesnyde kant na onder, op skoon bakpapier. Bak vir sowat 20 minute
totdat dit ’n mooi goue kleur het.
5. Koel af op ’n draadrak. Dit maak lieflike geskenke in mooi Consol-botteltjies.
Comments