Dine se niertjies met ’n suursous
- Dine van Zyl
- May 21, 2015
- 1 min read

Jy het nodig:
1 fyngekapte ui
2e skaapvet
8 skaapniertjies, skoongemaak
¼ koppie meel
sout en peper
30ml (2e) asyn
15ml (1e) suiker
’n paar takkies vars pietersielie, baie fyn gekap
Só maak ’n mens:
1. Braai die ui in die skaapvet. Sny die niertjies op, strooi meel oor en geur met sout en peper. Braai dit saam met die uie.
2. Voeg die asyn en suiker by, roer deur en strooi die pietersielie oor. Geniet!
Foto: Dine van Zyl
Comments