top of page

Dubbelsjokolade-koekies

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 21, 2015
  • 1 min read

Dubbelsjokolade-koekies.jpg

Enige sjokolade-liefhebber sal swig voor dié koekies. Jy kan self besluit of jy lekker groot, oordadige koekies of meer beskeie koekies wil bak. Myne was iets tussenin en ek het drie dosyn uit die beslag gekry. Die bestanddele het my sowat R70 gekos (ek het reeds sout en bakpoeier in my koskas gehad).

Jy het nodig:

230g botter by kamertemperatuur

1¼ k suiker

2 groot eiers

½k kakao

2¼k meel

¼t sout

1t bakpoeier

1 pakkie (250g) sjokolade-splinters

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer bakplate met kleefwerende bakpapier uit.

2. Klits die botter en suiker met ’n elektriese klitser saam tot lig – sowat 3 minute lank.

3. Klits die eiers een vir een by; klits goed na elke byvoeging. Klits die kakao by tot goed gemeng.

4. Meng die meel, sout en bakpoeier saam en klits dit op lae spoed by die ander bestanddele tot net gemeng. Vou die sjokolade-splinters met ’n deegskraper in. Skraap ook sommer die kante van die bak om seker te maak die deeg is behoorlik gemeng.

5. Rol die deeg in balletjies van jou keuse. Jy kan monster-koekies maak of net ’n teelepel vol deeg op ’n keer. Pak die balletjies op die voorbereide bakplate en druk effens plat. Bak 16-20 minute.

Laat 5 minute afkoel op die bakplate en pak dan op ’n draadrak om heeltemal af te koel.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page