top of page

Framboos-en-hawermoutkoekies

  • Karla Janse van Vuuren
  • May 21, 2015
  • 2 min read

Framboos-en-hawermoutkoekies.jpg

Dié koekies met hul ontploffing van vars framboos het min vet en is perfek vir iemand wat die middellyf dophou, maar smag na ietsie soets.

Die framboos-en-hawermoutkoekies bevat geen verfynde suiker, verfynde meel, botter of margarien nie.

Frambose is nou in seisoen en kos sowat R19,95 vir ’n groot houertjie by my plaaslike groentewinkel.Die klapperolie is nogal duur (sowat R39,95 vir ’n 350 g-botteltjie).

Dit gaan egter lank hou en is ’n veelsydige bestanddeel in jou kombuis. Beskou dit as ’n belegging.

Maak sowat 2 dosyn koekies.

Jy het nodig:

1 k kits-hawermout

¾ k nutty wheat-meel

1½ t bakpoeier

½ t kaneel

’n groot knypie sout

2 e klapperolie, gesmelt (klapperolie is solied by kamertemperatuur; plaas sowat 30 sekondes op hoog in die mikrogolfoond om te smelt)

1 eier, by kamertemperatuur

1 t vanieljegeursel

½ k rou heuning

6 e vars frambose, grofgekap

So maak ’n mens:

1. Meng die hawermout, meel, bakpoeier, kaneel en sout saam in ’n mengbak.*

2. Klits die klapperolie, eier en vanielje saam in ’n mengbak (dit is belangrik dat die eier by kamertemperatuur is, anders sal dit die klapperolie in klonte laat stol).

3. Klits die heuning by die eiermengsel en meng goed.

4. Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en roer tot net-net gemeng. Vou die frambose in. Bedek die mengbak met kleefplastiek en laat die deeg vir minstens 30 minute in die yskas rus (die deeg sal baie klewerig wees net nadat jy dit gemaak het; terwyl dit rus, absorbeer die hawermout van die vloeistof, wat die deeg meer hanteerbaar maak).

5. Voorverhit die oond tot 160 °C en voer ’n bakplaat met kleefwerende bakpapier uit.

6. Skep eetlepelsvol van die deeg op die voorbereide bakplaat. Maak die hopies so rond as wat jy kan en druk effens plat met die agterkant van die lepel. (Karaktervolle koekies is natuurlik ook net so lekker soos netjiese koekies!)

7. Bak 13-15 minute en laat die koekies dan sowat 10 minute op die bakplaat afkoel voordat jy dit na ’n draadrak verskuif. Die koekies is lekker sag in die middel. Die koekies sal ’n week lank vars bly in ’n lugdigte houer.

* Dit is belangrik om die hawermout en meel reg af te meet. Skep die meel en hawermout liggies met ’n lepel in die maatbeker en maak die bokant met ’n mes gelyk.

Moenie dit direk uit die houer skep nie. Jy sal dan te veel uitskep en die koekies sal krummelrig wees.

 
 
 

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page