top of page

Framboos-roos-tertjie

  • Seline en Leandri van der Wat
  • May 21, 2015
  • 3 min read

Framboos-roos-tertjie.jpg

"Iets wat ons gaan bybly oor die kos in Frankryk is die delikaatheid van alles. Dié tertjie is ’n poging om die ligtheid van Franse gebak ’n Suid-Afrikaanse kinkel te gee.

"As jy ’n ekstra vrugte-skop wil hê, smeer ’n lagie van jou gunsteling- tuisgemaakte konfyt oor die bodem van die gaar tertkors voordat jy die vla inskep.

"As jy meer van ’n suikertand is, maak die vla en die room so soet soos jy daarvan hou."

Jy het nodig (vir twee mini-tertjies):

Vir die deeg:

250ml meel, plus ekstra vir sprinkel

160ml botter

’n knypie sout

37,5ml strooisuiker

60–75ml koue water

Vir die vla:

60g strooisuiker

die saadjies van ½ vanieljepeul

3 eiergele

125ml melk

125ml room

10ml mielieblom (Maizena)

Vir die roosgegeurde chantilly-room:

250ml room

15-45ml versiersuiker (na smaak)

1 vanieljepeul

5-15ml rooswater (na smaak)

Om voor te sit:

125g vars frambose

125g ander bessies van jou keuse

eetbare blomme en roosblare, vir versiering

Só maak ’n mens:

1. Meng die meel, sout en strooisuiker en vryf die botter daarby in tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Moenie te lank neem hiermee nie – die botter sal begin smelt.

2. Voeg 45ml van die koue water by en werk vinnig om die deeg te begin vorm. Voeg nog 15ml op ’n keer by indien nodig tot die deeg bymekaar begin kom. Jy sal weet die deeg is reg wanneer jy ’n klein stukkie daarvan tussen jou vingers kan druk en dit sy vorm behou sonder om te verkrummel.

3. Bewerk die deeg liggies met jou hande om seker te maak die vet en meel het behoorlik gemeng. Besprinkel dit met ’n bietjie ekstra meel en draai toe in kleefplastiek. Verkoel minstens ’n uur.

4. Voorverhit die oond tot 200°C en smeer twee klein tertbordjies.

5. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak met jou koekroller (wat ook met meel besprinkel is) tot die deeg om en by so groot soos jou tertbordjies is. Rol die deeg op met die koekroller en plaas dit oor die eerste tertbordjie.

Druk die deeg liggies teen die bodem en kante vas – van die deeg moet oor die kante hang. Herhaal met die ander tertbordjie. Prik die deeg liggies hier en daar met ’n vurk.

6. Voer die deeg met ’n stuk bakpapier uit en vul met rys of droë bone. Bak die deeg blind vir 9-10 minute, verwyder dan die bakpapier en rys/bone, prik die deeg weer met ’n vurk en sit dit terug in die oond vir nog 3-5 minute tot goudbruin. Laat die deeg afkoel voordat jy dit vul.

7. Om die vla te maak, klits die suiker, vanieljesaadjies, mielieblom en eiergele saam in ’n mengbak. Verhit die melk en room saam, maar verwyder van die hitte net voordat dit begin kook.

8. Klits die warm melkmengsel stadig by die eiermengsel om te voorkom dat jy roereier maak. Giet die vla terug in die kastrol en verhit oor matige hitte tot die vla die agterkant van ’n lepel bedek. Maak toe met kleefplastiek en laat afkoel.

9. Maak die chantilly-room deur al die bestanddele saam te klits met ’n elektriese klitser tot sagte punte vorm. Bêre in die yskas tot benodig.

10. Om die tertjies te maak, giet ’n laag van die vla in elke tertjie en maak dit glad bo-op. Spuit die chantilly-room bo-op met ’n versiersak en maak gelyk met ’n paletmes.

Versier met die bessies en blomme. Maak en eet die tertjies dieselfde dag – dit is nie ’n goeie idee om dit te bêre nie.

Foto: Seline van der Wat

 
 
 

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page