top of page

Gepiekelde geelstert met botterskorsie-puree en komkommer

  • Seline en Leandri van der Wat
  • May 21, 2015
  • 1 min read

Gepiekelde geelstert met botterskorsie-puree en komkommer.jpg

Genoeg vir 4 as ’n voorgereg.

Jy benodig:

Vir die gepiekelde vis:

400 g Suid-Afrikaanse geelstert

200 ml witwyn

200 ml water

200 ml witwynasyn

15 ml ponzu (of suurlemoensap)

15 ml heuning

15 ml witsuiker

3 ml grofgemaalde swartpeper

1 lourierblaar

Die res:

500 g botterskorsie, geskil

en gekap

’n knypie sout en peper

100 ml volroommelk

50 g botter

½ komkommer, in dun

repies gesny

4 baba-vinkelknolle, middeldeur ­gesny

’n skeut of twee olyfolie

½ bossie spinasiebeet (chard),

dun gesny en besprinkel met

suurlemoensap

Só maak ’n mens:

1. Om die piekelvis te maak: Plaas die witwyn, water, asyn, ponzu, heuning, suiker en speserye in ’n kastrol wat groot genoeg is sodat die vis ook daarin sal pas, en laat opkook. Sodra dit kook, verwyder van die hitte en plaas die vis in die kastrol. Laat 5 minute staan en skep dan die vis uit en draai dit styf in kleefplastiek toe. Plaas in die yskas tot koud – dit is dan reg om voor te sit.

2. Om die botterskorsie-puree te maak: Plaas die botterskorsieblokkies in ’n kastrol, gooi genoeg kookwater oor om dit te bedek en kook tot sag. Dreineer.

3. Voeg die melk, botter, sout en peper by en verwerk tot glad met ’n handmenger of in jou voedselverwerker.

4. Drup olyfolie oor die baba-vinkel en rooster in ’n warm riffelpan tot effens sag. Sit die vis voor saam met die botterskorsie-puree, die spinasiebeet, komkommer-repies en baba-vinkel.

Foto: Seline van der Wat

 
 
 

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page